Individue vat baie meer krediet as besighede – hier’s hoekom…

Die Junie-syfers vir privaatsektor kredietverlening is bekend. Op ‘n jaargrondslag het kredietverlening aan die privaatsektor met 2,55 persent toegeneem. Ook op ‘n jaargrondslag het individue 2,62 miljard dollar van die krediet geneem terwyl besighede veel minder, 334,5 miljoen dollar, geleen het. Krediet aan individue het dus op ‘n jaargrondslag met net meer as 4 persent gegroei. Robert McGregor ‘n ekonoom van Cirrus in die hoofstad het dit so aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *