Individue leen meer as besighede

Die jongste syfers vir privaatsektor kredietverlening is bekend. Net meer as 300 miljoen Namibiese dollar is in Junie vanjaar geleen wat die kumulatiewe waarde van die lenings op 105,31 miljard Namibiese dollar te staan bring. Op ‘n jaargrondslag het kredietverlening aan die privaatsektor met 2,55 persent toegeneem. Ook op ‘n jaargrondslag het individue 2,62 miljard dollar van die krediet geneem terwyl besighede 334,5 miljoen dollar geleen het. Krediet aan individue het dus op ‘n jaargrondslag met net meer as 4 persent gegroei met oortrokke fasiliteite wat met 5 persent oor dieselfde tydperk gegroei het. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *