Indiese krieketspeler herstel ná ernstige motorongeluk

Krieket: Die Indiese speler, Rishabh Pant, verkeer glo in ʼn goeie luim terwyl hy na chirurgie herstel na ʼn ernstige motorongeluk. Indiese media berig hy sal waarskynlik die toetsreeks teen Australië misloop wat aanstaande maand begin. Die 25-jarige paaltjiewagter-kolwer het verskeie beserings opgedoen toe sy Mercedes-nutsvoertuig vroegoggend in ʼn ongeluk betrokke was terwyl hy alleen van Nieu-Delhi af op pad was na sy tuisdorp, Roorkee. Die voertuig het in vlamme uitgebars en Pant is deur ʼn busbestuurder en sy kondukteur op die deurpad gered.