Indiese hof sê parlement moet gay-huwelike wettig, nie hy nie
Indië se hooggeregshof het vandag gesê hy kan nie selfdegeslaghuwelike wettig nie, met die hoofregter van die land wat sê dit val onder die mandaat van die land se parlement. Vyf regters onder leiding van die hoofregter van Indië, D.Y. Chandrachud, het tussen April en Mei vanjaar argumente in die saak aangehoor en vandag sy uitspreek gelewer. Die uitspraak kom vyf jaar ná ‘n geskiedkundige 2018-uitspraak toe die hof ‘n verbod uit die koloniale era op gay seks geskrap het.