Indiese Covid-variant nog nie plaaslik bevestig nie

Die Indiese variant van Covid-19 is volgens die Uitvoerende Direkteur in die Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe nog nie in Namibië opgemerk nie maar ondersoeke is reeds aan die gang. Die nuus volg na Botswana bevestig het die variant is in die buurland bevestig. Die variant is volgens die jongste inligting nie meer dodelik nie, net meer aansteeklik, en is verantwoordelik vir die hoë getalle gevalle in Indië waar daar ‘n bevolking van 1,3 miljard mense is waarvan die meerderheid in beknopte, arm woonbuurte, veral in stedelike gebiede, woon. Nangombe het wel bevestig dat die Britse en Suid-Afrikaanse variante wel plaaslike bevestig is. Die Minister, Dr Kalumbi Shangula en einde April bevestig dat 60 persent van die positiewe Covid toetsuitslae in Februarie die Suid-Afrikaanse variant van die virus was.