Indiensneming in landbousektor in Suid-Afrika neem toe

Hoewel Suid-Afrika se werkloosheidskoers die hoogste ooit is, het indiensneming in die landbousektor in die buurland toegeneem. Volgens Statistieke Suid-Afrika is indiensneming in die landbousektor nou op sy hoogste in meer as ‘n jaar. Die opswaai is deur uitstekende seisoenale toestande teweeggebring wat ‘n uitsonderlike groot somer-oes tot gevolg gehad het. Die sektor het tans sowat 862-duisend mense in diens.