Indië steek China verby – meeste mense ter wêreldApril 20, 2023
Indië het China verbygesteek as die wêreld se mees bevolkte land. Volgens die jongste data van die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds het Indië nou 2,9-miljoen meer mense as China. China beleef ‘n demografiese afname, met sy geboortesyfer wat gedaal en sy bevolking wat die eerste keer sedert 1960 gekrimp het. Beijing het sy een-kind-beleid in 2016 opgehef en pare toegelaat om tot drie kinders te hê. Die beleidsverandering was ‘n poging om ‘n beduidende uitwerking op China se dalende bevolkingsgetalle te hê.