Indië smul aan SA appels en pere

Bemarkingsagente in Indië sê daar was ‘n toename in die vraag na Suid-Afrikaanse appels en pere in die land. Die Sagtevrugte-bemarkingsagentskap Hortgro sê hulle het daarop gefokus om Suid-Afrikaanse produkte te bevorder in die Asiatiese land. Hortgro sê hulle het ‘n toename in Indië se vraag na die appel-variëteite Pink Lady, Royal Gala en Granny Smith gesien, asook peer-variëteite Vermont Beauty, Forelle en Packham. Data in die bedryf toon daar is tot verlede maand byna 767 000 houers Suid-Afrikaanse appels na Indië uitgevoer.