Indië het swakste reënval in Augustus in ‘n eeu
Indië staal homself vir die swakste reënval in Augustus vir meer as 100 jaar. Die laer as verwagte moesonreën dié maand, sal ‘n negatiewe uitwerking hê op die opbrengs van somergraan soos rys en sojabone, wat tot prysstygings kan bydra, Die moesonreën is noodsaaklik vir landbou en verskaf sowat 70 persent van die water wat nodig is vir landbou en om reservoirs te hervul. Die vorige laagste reënval vir Augustus is in 2005 aangeteken. Die moesonseisoen in Indië duur van Junie tot September.