Inbreker skiet vrou twee keer met haelgeweer

‘n Vrou is in ‘n hospitaal in Windhoek opgeneem nadat sy glo twee keer deur ‘n inbreker met ‘n haelgewer geskiet is. Volgens die Namibiese polisie het ‘n man by die 32-jarige Hilya Fanuel se sinkhuis in die Havana-woonburt in die hoofstad ingebreek en haar geskiet. Sy het uitgehardloop, maar die inbreker het haar agtervolg en ‘n tweede keer geskiet. Nampol het ‘n bandhefboom en ‘n haelgeweer-patroondoppie op die misdaadtoneel gevind. Die verdagte, wie se identiteit bekend aan die polisie is, is nog nie in hegtenis geneem nie.