In besit van geplunderde goedere? Jy sal gearresteer word

Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Inligtingstruktuur in Suid-Afrika sê ‘n totaal van 3 407 verdagtes is op verskeie klagtes in hegtenis geneem sedert die geweld ‘n week gelede in KwaZulu-Natal en Gauteng uitgebreek het. Slegs een het borgtog gekry en 1 122 sal na verwagting in verskillende howe verskyn. Mathapelo Peters van die polisie sê diegene wat nie self geplunder het nie maar gesteelde goedere van plunderaars gekoop het, sal in hegtenis geneem word vir die besit van gesteelde goedere: