IMF wil help met die gevolge van Covid-19

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bekendgemaak dat die amptelike wêreldwye COVID-19 sterftes drie keer hoër kan wees as wat tans aangedui word. Tot dusver is ongeveer drie-punt-nege miljoen COVID-19 sterftes wêreldwys aangemeld. Die WGO sê na raming moet die amptelike sterftes op sowat ses tot agt miljoen staan. Intussen het die Internasionale Monetêre Fonds ʼn 50 miljard dollar plan voorgelê om ʼn einde aan die COVID-19 pandemie te bring. Die IMF sê hulle beplan om sowat 40 persent van die wêreld se bevolking teen die einde van die jaar in te ent.