IMF soek groen transformasie

Die Internasionale Monetêre Fonds sê regerings moet hul fiskale vermoëns gebruik om toestande te skep vir groen transformasie in gebiede wat tans op aktiwiteite met ‘n hoë koolstofintensiteit staatmaak. Kristalina Georgieva van die IMF sê daar is drie beleide vir inklusiewe groen herstel. Dit behels ‘n kosteberaming vir koolstof; groen beleggings om werkskepping en groei te skep; en ‘n gemaklike oorgang na ‘n koolstof-arm ekonomie. Georgieva sê die groen ekonomie is besig om momentum kry.