EU se digitale Covid-sertifikate ideaal vir reisigers

Die Europese Kommissie vra dat bykomende maatreëls ingestel word om toe te sien dat die uitreiking van die EU se digitale Covid-sertifikate naatloos geskied. Die sertifikaat is ’n standaard dokument waartoe al die lidlande ingestem het en wat dit makliker sal maak vir mense om tussen Europese lande te reis. Dit sal aandui dat ‘n persoon ingeënt is, negatief vir Covid-19 getoets het of reeds daarvan herstel het. Die kommissaris van die Europese Kommissie vir Justisie, Didier Reynders, sê die sertifikaat sal na verwagting vroeg aanstaande maand in gebruik geneem word.