IMF maak N$21 miljard beskikbaar vir Oekraïne

Die Internasionale Monetêre Fonds se uitvoerende raad het 21 miljard Namibiese dollar aan noodbefondsing vir Oekraïne goedgekeur. Die fondse is bedoel om die land te help om aan dringende finansiële behoeftes te voldoen en die oorlog se ekonomiese uitwerking te bekamp. Die IMF se besturende direkteur, Kristalina Georgieva, sê die Russiese militêre inval in Oekraïne het ‘n reuse-humanitêre en ekonomiese krisis veroorsaak. Sy sê finansiële behoeftes is groot, dringend en kan aansienlik styg as die oorlog voortduur. Georgieva sê wanneer die oorlog verby is, gaan bykomende ondersteuning nodig wees om die land weer te herstel.