Ieva erken sy het gelieg oor asiel in SA

Die Russies-gebore Litause akteur Ieva Andrejevaite het erken dat sy ‘n vals asieleis gemaak het om Suid-Afrika binne te gaan om ‘n reeks partytjies in die land by te woon. Sy het aanvanklik gesê sy doen aansoek om asiel weens die oorlog in Oos-Europa nadat immigrasiebeamptes haar toegang geweier het by Kaapstad Internasionale Lughawe omdat sy nie ‘n visum gehad het nie. Sy het op ‘n oliegarg se straler in Kaapstad aangekom en toe ‘n reeks partytjies, wat deur die Suid-Afrikaanse miljardêr Rob Hersov aangebied is, bygewoon. Sy het sedertdien ‘n openbare verskoning uitgereik omdat sy gelieg het en is daarna gedeporteer.