Ietermagô-veldwagters monitor ma en kleintjie in Nyae-Naye

Die Ietermagô Bewaring- en Navorsingstigting het ‘n ietermagô van 8,11 kilogram met ‘n satellietsender in die Nyae Nyae-bewaringsgebied in die noordooste van Namibië toegerus. Volgens die navorser van die stigting Kelsey Prediger het die ietermagô-wyfie ‘n kleintjie. Ietermagô-veldwagters van die San-gemeenskap sal die ietermagô monitor en die navorsing sal die ekologie van die hoogs bedreigde en gesmokkelde diere aandui, asook meer lig werp op hoe die kleintjies oorleef. Prediger het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die navorsing en opleiding wat die ietermagô veldwagters ondergaan…