Ierse gimnastiek beskuldig van rassisme
Die beheerliggaam vir gimnastiek in Ierland het om verskoning gevra nadat ‘n video op sosiale media versprei is van ‘n beoordelaar wat die enigste swart meisie op ‘n medalje-geleentheid uitgelaat het. Die voorval het verlede jaar in Maart op die Gymstart-geleentheid in Dublin plaasgevind. Die viermalige Olimpiese kampioen Simone Biles het in reaksie op die video gesê die voorval was vir haar hartverskeurend. Gimnastiek Ierland sê hy veroordeel enige vorm van rassisme. Die meisie se ma het volgens berigte gesê sy beoog om die saak by die Etiek-stigting vir Gimnastiek in Switserland aan te meld.