Ierland wil rug-aan-rug Grand Slam wen

Rugby: Ierland begin met hulle geskiedkundige veldtog om die Sesnasies Grand Slam rug-aan-rug te wen wanneer hulle Vrydag in die openingswedstryd van die toernooi in Marseille teen Frankryk te staan kom. Die Iere en Franse het albei in die kwarteindronde van die Wêreldbeker gestruikel, onderskeidelik geklop deur Nieu-Seeland en die uiteindelike wenners, Suid-Afrika. Van die spanne in die Sesnasies het net Engeland tot by die halfeindronde gevorder. Vanjaar se Sesnasies is ʼn keerpunt want ‘n hele klomp spelers neem nie aan die kompetisie deel nie, wat van Februarie tot 16 Maart duur.