Maak kompos met kosafval, moenie weggooi nie!

Die Stad Kaapstad se Direktoraat vir Stedelike Afvalbestuur doen ‘n beroep op inwoners om vanjaar die maak van kompos en voedseltuinbou te verken, om voedselafval self te herwin en van stortingsterreine te help weghou. Om die maak van kompos in Kaapstad te bevorder, versprei die stad elke jaar ‘n beperkte aantal tuiskompos-houers. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê voedseltuinbou dra nie net by tot persoonlike welstand nie, maar speel ook ‘n deurslaggewende rol in die vermindering van organiese afval en die uitwerking daarvan op klimaatsverandering.