Ierland kort nog net een oorwinning vir Sesnasies Grand Slam

Ierland se afrigter, Andy Farrell, sê sy span se 22-7-oorwinning oor Skotland in hulle Sesnasies-kragmeting in Murrayfield was ‘n reusepoging. Drieë deur Mack Hansen, James Lowe en Jack Conan het Ierland ‘n agste agtereenvolgende oorwinning oor Skotland besorg. Engeland kom volgende week na Dublin en Ierland kort net een oorwinning om by vorige Grand Slam-pogings in te 1948, 2009 en 2018 te voeg. Farrell sê hulle het hard gewerk om in hierdie posisie te wees: