Nehawu in Suid-Afrika gaan sy versetoptrede verskerp

Die Suid-Afrikaanse  gesondheidwerkersvakbond Nehawu het onderneem om hierdie week sy staking deur openbare gesondheidsorgwerkers te verskerp. Die staking is tot dusver gekenmerk deur intimidasie en aanranding van gesondheidsorgwerkers, en pasiënte is in sommige gevalle by hospitale weggewys. Mike Shingane van Nehawu sê meer instellings wat openbare gesondheidsdienste lewer, sal hierdie week geraak, word namate meer lede by die staking aansluit:  

Staatsdienswerkers eis ‘n loonverhoging van tien-persent, terwyl die regering 4,7-persent aanbied. Shingane het die regering van arrogansie tydens die onderhandelings beskuldig: