Iere se meevallertjie was van korte duur, bank soek sy geld terug
Tegniese uitdagings op sy mobiele-toep het kliënte van die Bank van Ierland toegelaat om fondse, tot en met 1 000 euro, oor te dra vanuit hul rekenings op die toep en dit dan by ‘n kitsbank te trek – ongeag of daar genoeg fondse in hul rekenings was of nie. Die rye by die kitsbank het uiters vinnig gegroei regoor die land en polisie is ontplooi om onttrekkings te verhoed. Maar die meevallertjie was van korte duur. Die bank het sy kliënte gewaarsku dat alle transaksies op rekord is en die fondse sal wel verhaal word. Nou sê die bank sy rekeninghouers wat oortrokke is, en daar is blykbaar baie, moet kontak met die bank maak.