Ida tref Louisiana hard, 16 jaar na Katrina

Amerika se federale rampbestuursagentskap sê die volle omvang van die skade deur die orkaan Ida, sal eers vandag duidelik wees. Die kategorie vier-storm het Louisiana gister bereik. In New Orleans is die hele stad se krag af nadat Ida die gebied getref het. Die stormwind het gisteraand oor die binneland begin inbeweeg met swaar reën wat ook vandag oor die sentrale deel van die Golfkus verwag word. Ida het Louisiana getref op die 16de herdenking van die orkaan Katrina, ‘n kategorie drie-storm, wat in 2005 die lewe van 1 800 mense geëis het. Die Amerikaanse President Joe Biden het die media by die agentskap toegespreek.