Ian versterk, en hy’s op pad Tampa toe

Weervoorspellers waarsku orkaan Ian kan tot ‘n kategorie vier-storm versterk onderweg na Florida. Die storm stuur tans af op die weskus van die Amerikaanse staat nadat dit groot skade en ontwrigting in Kuba veroorsaak het. Die Amerikaanse Nasionale Orkaansentrum sê Ian kan ‘n lewensgevaarlike stormvloed veroorsaak wat gepaard gaan met katastrofiese wind en oorstromings. ‘n Orkaan-waarskuwing is uitgereik vir die groter Tampa-gebied aan die ooskus van Florida.