Huwelike-wetsontwerp draal steeds

Die Nasionale Vergadering het onlangs die private lede wetsontwerp goedgekeur wat deur Swapo-wetgewer Jerry Ekandjo ingedien is om die term “eggenoot” te definieer, en die Huwelikswet van 1961 te wysig om die erkenning van selfdegeslag-huwelike in Namibië te keer. Die wetsontwerp is nou in president Hage Geingob se hande, wat dit kan bekragtig of verwerp. Kosmos 94.1 Nuus het by Toni Hancox, die direkteur van die Regsbystandsentrum, verneem of die wet ‘n stadige dood gaan sterf.