Huurmark herstel, effe

Die jongste navorsing dui aan dat die Namibiese huurmark herstel het na vlakke voor Covid-19 en die gemiddelde wissel op die oomblik rondom 7 000 Namibiese dollar. Volgens FNB se bestuurder van marknavorsing, Frans Uusiku dui die syfer, wat einde Junie vanjaar aangeteken is, steeds ‘n inkrimping van 2,3 persent maar daar is sterk tekens van herstel. Uusiku sê dat eenhede met een-slaapkamer en die met meer as drie-slaapkamers die meeste groei aangeteken het, tussen 2,2 en 2,9 persent maar dat twee- en drie-slaapkamer eenhede verder gekrimp het met tussen 4,2 en 5,8 persent as gevolg van ‘n hoë aanbod van beskikbare eiendomme. Dorpe soos Rundu en Rehoboth het baie goed gevaar in die huurmark maar Windhoek het steeds ingekrimp met 2,1 persent, op ‘n jaargrondslag.