Huurbeheer is ‘n baie slegte idee – ekonoom

Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die stedelike ontwikkeling-minister, Erastus Uutoni, dat sy ministerie ‘n span kundiges ingespan het om te help om die Wetsontwerp op Huurbeheer te verfyn. Die doel is om ‘n balans te vind tussen grondwetlike bepalings oor die reg op eiendom en die behoefte aan regulering in die land se huurmark. ‘n Ekonoom van Cirrus Capital, Robert McGregor, sê dit is ‘n uiters slegte idee om huur te probeer reguleer en beheer. Hy verduidelik.