Hurkacz skakel Kyrgios uit in Montreal

Hubert Hurkacz het 53 wenhoue van Nick Kyrgios oorkom om die Australiër se nege agtereenvolgende seges te beëindig met ‘n kwarteindronde-oorwinning in drie stelle by die  ATP-meesterstoernooi in Montreal. Die Poolse speler, wat agste gekeur is, het 43 wenhoue van sy eie geslaan om met 7-6, 6-7, 6-1 te seëvier. Dit is sy vierde halfeindronde op Meesterstoernooi-vlak. Hurkacz kom nou teen die vierde gekeurde Casper Ruud van Noorweë te staan wat Felix Auger-Aliassime in 74 minute met  6-1, 6-2 uitgeskakel het.