Human Rights Watch reageer op afsonderlike varsity-klasse vir Afghaanse vroue

Die menseregte-waghond Human Rights Watch sê wat tans in Afghanistan gebeur, is ‘n reuse agteruitgang vir vroueregte, vergeleke met toestande waarin vroue en meisies ‘n maand gelede geleef het. Die uitspraak volg ná die Taliban se aankondiging dat vroue in dié land slegs by universiteite toegelaat sal word in afsonderlike klasse vir vroue met verpligte Islamitiese drag. Heather Barr van Human Rights Watch sê dié stap deur die Taliban sal maak dat baie vroue en meisies verdere studies laat vaar weens vrees, frustrasie en stigma.