Hulp versoek vir brande rondom Windhoek

Namibië ervaar tans verwoestende veldbrande. Op die oomblik woed groot brande rondom die hoofstad. Omliggende gebiede soos Klein Aub, Regenstein, Omeya en die Otjihase-myn in die rigting van Heja Lodge, word geraak. Vrywilligers en professionele brandbestryders is tans op verskillende brandtonele om die vure te blus. Sean Naude van die Namibia Marshal Rangers doen ‘n beroep op die publiek om die vrywillige brandslaners in hierdie kritieke situasie te help.