Hulp nodig by veldbrand tussen Okahandja en Karibib

‘n Groot veldbrand woed op ‘n plaas tussen Okahandja en Karibib. Hulp van brandbestryders is dringend nodig om die vlamme te blus aangesien die vuur deur ‘n sterk oostewind aangevuur word. Die plaas van Jenny Radl in die Vogelsang-omgewing is sowat 40 kilometer buite Karibib in die rigting van Okahandja.