Hulp nodig by veldbrand by Omatjete

‘n Groot veldbrand woed in die omgewing van die Omatjete-nedersetting in die Erongo-streek. Ben Upi, ‘n boer in die omgewing, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die vuur ruk hand-uit en hulle het dringende hulp nodig.