Hulp is hulp, ongeag politieke affiliasie

Die Russiese-Oekraïnse konflik het ‘n impak op almal. Tydens ‘n bespreking in die Nasionale Vergadering het die Namibiese adjunk-eerste minister Netumbo Nandi-Ndaitwah terugvoering gegee oor die Namibiese burgers wat uit die Oekraïne gevlug en na Namibië teruggekeer het. Sy het ook die platform gebruik om diegene aan te spreek wat glo goedkoop politieke punte wil wen deur hul hulp aan te bied. Politieke analis, dr. Ndumba Kamwanyah sê hulp is hulp, maak nie saak waar dit vandaan kom nie.