Huldeblyke stroom in vir Gorbie

Huldeblyke stroom in vir Mikhail Gorbachev, die laaste leier van die Sowjet Unie wat dood is op die ouderdom van 91. Gorbachev sal onthou word vir sy beleid van Perestroika, oftewel, herstrukturering, en Glasnost, om oop te wees. Hy het saam met wêreldleiers soos Amerikaanse president, Ronald Reagan en Britse premier, Margareth Thatcher gewerk en die Koue Oorlog in vrede bewerkstellig. Sy aksies het ook gelei na die val van die Berlynmuur, of, Ystergordyn in 1989. Sy aksies het ook gelei tot die ineenstorting van die Sowjet Unie in 1991, toe hy ook bedank het. Hy was internasionaal herkenbaar deur sy geboortemerk op sy voorkop wat nes ‘n rooiwynvlek gelyk het.