Huldeblyke stroom in vir Tromp

Huldeblyke en boodskappe van leedwese en empatie word ontvang met die afsterwe van die bekende Namibiese sakeleier Nico Tromp. Hy is Sondag aan Covid-19 oorlede. Tromp, die voormalige besturende direkteur en voorsitter van die Nictus-groep van maatskappye en bekende kultuurman, was 72 jaar oud. Hy was ook ‘n stigterslid van die kultuurorganisasie, Netwerk Namibië, en was ook hoofbeskermheer van die Voortrekkers.