Huldeblyke stroom in vir Angolese oudpresident

Namibiese President Hage Geingob het sy diepe meegevoel betuig met die mense en regering van Angola met die afsterwe van oudpresident, José Eduardo dos Santos. Geingob sê Dos Santos sal onthou word vir sy geweldige bydrae tot die bevryding van Namibië. Dos Santos het op 79 na ‘n lang siekbed in Barcelona, Spanje gesterf. Intussen het Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa ook sy medelye betoon. Sy woordvoerder, Vincent Magwenya, se Dos Santos was ‘n gewaardeerde lid van die Orde van die Metgeselle van OR Tambo, ‘n eerbewys wat Suid-Afrika op Vryheidsdag in 2010 aan hom toegeken het.