Huldeblyke stroom in na dood van Rolling Stones tromspeler

Huldeblyke stroom in ná die dood van die Rolling Stones se tromspeler, Charlie Watts. Die 80-jarige wat hom in 1963 by die groep aangesluit het, is gister in ‘n Londense hospitaal oorlede. Sy mede-orkeslede Mick Jagger en Keith Richards, het hulde aan hom op sosiale media gebring. Jagger het ‘n foto sonder ‘n byskrif getwiet van ‘n glimlaggende Watts wat op sy tromme speel. Richards het ‘n foto van ‘n stel tromme gedeel met ‘n “gesluit”- teken daarby. Paul McCartney van die Beatles het Watt as ‘n lieflike mens beskryf: