Hulde aan oorlewendes van Boipatong-slagting vandag

Die Gautengse LUR vir Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, gaan vandag hulde bring aan die oorlewendes van die Boipatong-slagting met ‘n spesiale middagete by die Boipatong Monument. Sowat 45 mense is in Junie 1992 dood en verskeie ander is in die Boipatong-slagting beseer. Die woordvoerder van LUR, Lesiba Mpya, sê die slagting word wyd erken as een van die sleuteloomblikke in Suid-Afrika se oorgang tot onderhandelings: