Hulde aan Marco Hausiku

President Hage Geingob het op Twitter gesê hy is verpletter oor die adjunk-sekretaris-generaal van Swapo en voormalige kabinetsminister, Marco Hausiku, wat op Heldedag sy stryd teen Covid-19 in ‘n Windhoekse hospitaal verloor het. Hausiku is vroeg in Julie in ‘n hospitaal op Rundu opgeneem, waarna hy na ‘n Windhoekse hospitaal oorgeplaas is. Geingob het sy medelye teenoor Hausiku se familie en naasbestaandes uitgespreek.    


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *