Huise by die kus kos nou die duurste

Die sentrale gebied van Namibië het die vinnigste groei in gemiddelde huispryse ervaar, gevolg deur die kus-, noordelike en suidelike gebiede, volgens Simonis Storm. Die gaping tussen kus- en sentrale huispryse het die afgelope maande vernou nadat dit tussen 2016 en 2022 vergroot het. Volgens die jongste data van die eerste kwartaal van 2023, is huise die duurste in die kusgebied met die gemiddelde huis wat nou 1,6 miljoen Namibiese dollar kos, gevolg deur die sentrale gebied met gemiddelde huispyrse van 1,5 miljoen dollar. Huispryse in die Noorde beloop nou 869 000 dollar en in die Suide 795 000 dollar.