‘Huis het niks op Biden nie’

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers wat deur Republikeine beheer word, het gestem om die ampsklagondersoek na president Joe Biden amptelik goed te keur. Die Republikeine beweer die Biden-familie en sy sakevennote het tussen 2014 en 2019 meer as 446,8 miljoen Namibiese dollar van buitelandse bronne in China, Kazakstan, Roemenië, Rusland en Oekraïne ontvang. Hulle kon egter nie bewys dat die president finansieel voordeel uit die transaksies getrek het nie. Biden het die Republikeinse optrede beskryf as ‘n ongegronde vervolgingsfoefie. Beto O’Rourke, ‘n voormalige verteenwoordiger in die Huis en Demokraat het met Amerikaanse media gepraat.