Parlementbrand – DA sê Staatsveiligheid moet ondersoek instel

Die DA vra vir ʼn dringende ondersoek deur Staatsveiligheid na wat hulle glo ‘n georkestreerde aanval op die Parlement in Januarie was, sodat die veiligheid en sekuriteit van demokratiese instellings verseker bly. Ten spyte van die inhegtenisneming van Zandile Mafe en die bevinding dat hy nie geskik is om verhoor te word nie, voer die party aan dat die aandag nie afgelei moet word van ‘n moontlike breër sameswering nie. ʼn Woordvoerder van die DA, Dianne Kohler Barnard, sê skokkende skermgrepe van kringtelevisie toon die onbeperkte beweging wat Mafe 24-uur lank gehad het voor die verwoestende brand begin het. Dit laat vrae ontstaan oor sekuriteit en moontlike medepligtiges: