Huidige wetgewing beskerm nie hulpbronne nie

Die voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne en oud handelsminister, Tjekero Tweya, sê die bestaande wette wat in die parlement aanvaar word, onvoldoende is om natuurlike hulpbronne te beskerm. Tweya sê dit is nodig om die wetgewing te verbeter en te versterk. In sy mening is dit uiters belangrik om betrokke te raak by ‘n omvattende, eerlike en konstruktiewe dialoog oor die bestuur van natuurlike hulpbronne in die  land, veral oor die eienaarskap van minerale hulpbronne. As voorbeeld sê Tweya dat bestaande mynwette kleinskaalse mynwerkers uitsluit om aktief aan die sektor deel te neem. Namibië se hulpbronne is in die nuus met die ontdekking van olie en hoe Jan Alleman ook daaruit voordeel kan trek.