Huidige inentingskoers… kudde-immuniteit eers in Mei 2024

Navorsing deur Simonis en Storm in die hoofstad dui aan dat Namibië eers sy teiken van 60 persent kudde-immuniteit einde Mei 2024 al bereik, as die huidige inentingskoers voortduur. Volgens die makelaarsfirma beteken dit inperkings sou gevalle in die wintermaade toeneem vir die volgende drie jaar. Ekonomiese herstel sal ook vertraag word. Namibië het die 89ste land in die wêreld geword wat die Delta-variant bevestig het. Die jongste inentingsyfers toon dat net minder as 1 persent van die bevolking is ten volle ingeënt en 5 persent het een spuit ontvang. Op die oomblik is voorraad in talle streke op en inentingsveldtogte is gestaak. Nuwe voorraad word binnekort verwag.