Houtskool: permit word afgevat sonder brandbane ens.

Die Houtskool Produsente-vereniging van Namibië het gereageer of aanmerkings deur die omgewingsminister, Pohamba Shifeta, aan die einde van September in die Nasionale Vergadering oor die veldbrande. Shifeta het baie van die skuld vir die brande voor die deur van houtskool produsente gelê. Die vereniging sê daar is aangepaste maatreëls reeds ingestel maar het nou bygevoeg dat strenger maatreëls moontlik daargestel moet wees. Volgens die verenging sou die eerste stap wees om oespermitte terug te trek vir alle plase waar houtskool geproduseer word, maar waar toepaslike reëls en regulasies nie gevolg word nie. Geen oespermit moet hernu word vir enige plaas wat nie brandstroke en brandbestrydingstoerusting het nie.