Bill Clinton sterk goed aan

Die gewese Amerikaanse president, Bill Clinton, is besig om te herstel en is in goeie gemoed nadat hy Dinsdag by die Universiteit van Kalifornië se Irvine-mediese sentrum opgeneem is vir infeksie. Dit hou nié met Covid-19 verband nie. Clinton se mediese span by die hospitaal sê in ‘n verklaring sy witbloedseltelling het ná twee dae se behandeling afgeneem en hy reageer goed op antibiotika. Hulle sê die 75-jarige gewese president sal in die hospitaal bly sodat hulle hom deurlopend kan dophou. Sy toestand hou volgens berigte ook nie verband met sy vorige hartprobleme nie.