Houtskool op Arandis bring meevallertjie

Die Green Charcoal Namibia fabriek in Arandis hoop om meer as 850 indirekte werksgeleenthede te genereer in produksie, vervoer, masjinerievervaardiging, ingenieurswese en uitvoer. Die belegging van 60 miljoen Namibiese dollar, wat amptelik by die dorp ingehuldig is, het tans meer as 50 mense in diens en sal teen 2025 nog 30 werksgeleenthede byvoeg. Die maatskappy sal spesialiseer in die verwerking van houtskool en brikette, en word gerugsteun deur die Belgiese houtskoolmaatskappy Carbobois. Christine ||Hoebes, minister in die presidensie, het tydens die geleentheid gesê die projek verteenwoordig ‘n duidelike en besliste verbintenis tot omgewingsbewaring, skoon energie en die welstand van gemeenskappe.