Hou superblou maan dopAugust 30, 2023

Vanaand sal die wêreld ‘n baie seldsame superblou maan sien, die eerste in meer as ‘n dekade, en die laaste vir ten minste nog ‘n paar jaar. Maar wat maak hierdie maan so skaars en spesiaal? Dit is die kombinasie van ‘n supermaan en ‘n blou maan wat hierdie gebeurtenis so merkwaardig maak. ‘n Supermaan is wanneer ‘n volmaan plaasvind terwyl die maan toevallig op sy naaste punt aan die aarde is. Tydens hierdie verskynsel is die maan veronderstel om groter en helderder te lyk. Hierdie supermaan word gekombineer met die spreekwoordelike gesegde van ‘n blou maan. Dit is waar daar twee volmane in ‘n maand het, wat redelik skaars is. Professor Peter Meintjies van die Universiteit van die Vrystaat het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê daar moet ook uitgekyk word vir Saturnus se ringe.