Hou politiek uit skole, sê LUR

Gauteng se LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, het politieke partye veroordeel wat openbare skole in skooltyd besoek. Dit volg nadat ʼn politieke party waarvan die naam nie bekend gemaak is nie, gister skole in Eldoradopark besoek het terwyl leer en onderrig aan die gang was. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die LUR het beklemtoon politiek moet uit die onderrig-omgewing bly om ʼn gefokusde en onbevooroordeelde leeratmosfeer te verseker.